NUUT BESKIKBAAR - Ja! Jy kan gelukkig(er) wees
Geluk is iets waarna ons almal verlang – soms sag en stil, soms dringend en diep. Tog voel dit dikwels broos: naby vandag, ver môre; helder in een seisoen, skemer in die volgende. Baie van ons leef redelik gelukkig, maar met ’n onderstroom van onsekerheid: “Hou dit? Sal ek dit verloor? Hoekom voel dit soms net buite my bereik?”
Ja! Jy kan gelukkiger wees is ’n rustige uitnodiging om anders te leef – met teenwoordigheid, betekenis en innerlike vrede. Dit is nie ’n boek vol groot beloftes of kitsoplossings nie. Dit is ’n sagte metgesel vir gewone mense in gewone lewens wat weer wil leer om asem te skep, te voel, te leef en te behoort.
In hierdie boek ontdek jy:
• watter gewoontes jou welstand werklik versterk
• wat jy mag laat gaan om ligter te leef
• hoe stilte, aandag, bewussyn en dankbaarheid jou menswees kan verdiep
• hoe jou liggaam, emosies, energie en leefstyl saam ’n geheel vorm
• en hoe geluk nie ’n bestemming is nie, maar ’n lewenswyse
Met insigte uit neurowetenskap, positiewe sielkunde, lewensfilosofie en jarelange ervaring in mensontwikkeling, wys hierdie boek dat geluk begin in klein oomblikke — asem vir asem, besluit vir besluit, dag vir dag.
NOU BESKIKBAAR as e-boek @ R250 en sagtebandboek @R250 + R70 vir versending)
Gerhard Bothma