NOU BESKIKBAAR
Het jy al ooit gevoel het dat jou grootste struikelblok nie buite jou lê nie, maar binne-in jou – in hoe jy met jouself dink en praat?
Dan is hierdie PDF gids en oefeninge vir jóú.
Dink en Praat Jouself Beter is nie ’n tipiese selfhelpboek nie. Dis ’n praktiese, insiggewende en bewusmakende gids wat jou leer hoe om sagter, wyser en meer realisties met jouself te begin praat. Nie met oppervlakkige positiewe denke nie, maar met neurowetenskaplik-gegronde selfleierskap.
Die boek kombineer:
- Wetenskaplike insigte oor ons brein, selfspraak en emosionele regulering
- Praktiese gereedskap soos herformulering, en innerlike dialoog
- Refleksie-oefeninge wat jou aktief laat deelneem aan jou eie groei
- Deernisvolle taal wat jou nie probeer “regmaak” nie – maar jou leer om sagter te kyk.
Die kernboodskap is kragtig: Jy is nie jou eerste gedagte nie. Jy is die een wat kan kies watter gedagtes jy koester. En só begin jy nie net anders dink nie, maar anders leef.
Dis ideaal vir mense wat:
- Vasgevang voel in selfkritiek of ou patrone
- Op soek is na emosionele veerkragtigheid en innerlike vrede
- ’n Stil, maar kragtige verandering wil aanbring in hul daaglikse denke
- of bloot meer wil weet oor hierdie belangrike onderwerp.
Hierdie gids is vir jou as jy gereed is om nie net te dink nie, maar om met bewustheid en doel die innerlike gesprek van jou lewe te herskryf.
Hierdie gids is met sorg, navorsing, ervaring en integriteit daargestel om sinvolle ondersteuning en inspirasie te bied.
Ek verdien my inkomste deur die kreatiewe en navorsingsgebaseerde produkte wat ek ontwikkel.
Elke aankoop, ondersteuning of donasie help my om voort te gaan met hierdie werk.
As jy graag die gids en oefeninge (in PDF) wil ontvang:
🔸 Maak ’n Donasie (bv R100 of enige ander bedrag)
🔸 Borg die produk
🔸 Beveel dit vir ander aan.
Stuur vir my ’n boodskap (in Send me a message hieronder) en dui aan hoe jy dit wil ontvang:
- o WhatsApp (dui nommer aan)
- o Epos (dui epos adres aan)
- o WhatsApp, sowel as epos.
Indien jy graag 'n kopie aan iemand wil skenk, gee asseblief die naam, van en adres.
Stuur jou POP (bewys van betaling) aan me@drgerhardbothma.co.za
Ek waardeer dit dat jy hierdie materiaal nie onwettig versprei of aanstuur nie, maar mense eerder verwys. Op dié manier help jy om hierdie werk volhoubaar te maak én om ander mense op ’n verantwoordelike manier toegang daartoe te gee.
Baie dankie vir jou ondersteuning en bydrae.
G Bothma
Capitec
Spaarrekening 1526733372
Takkode: 470010